00:00
Published:
Coming Soon | Kindle
Coming Soon | Softcover
Coming Soon | Hardcover
En ’n droom, in die blou “hemelruim” wat die swaartekrag, van die werklikheid moes trotseer. Hierdie is die, in diepte, onvergeetlike en ware lewens verhaal, van Sam Venter;
’n Man wat sy hele lewe lank met sy oë na die hemelruim en sy hart in die wolke geleef het. Dit begin op ’n besonderse dag met die pure opwinding van sy heel eerste vlug saam met sy ma. ’n Ervaring wat die saadjie van ’n lewenslange passie vir die lugruim en vliegtuie, geplant het.
Maar die aanloopbaan na sy toekoms was alles behalwe uitgelê. Terwyl sy bewondering en passie vir vliegtuie, gegroei het, moes hy die stormwinde van die lewe op die grond alleen trotseer. Sonder die nodige ondersteuning van die mense in wie hy die meeste geglo het, moes hy, meeste van sy tiener lewe, self sy weg baan deur ’n landskap van emosionele afsondering, opoffering en onwrikbare deursettingsvermoë, terwille van sy enigste lewensdroom.
Styg saam met hom op, in hierdie opregte memoir deur 44 hoofstukke van:
‘n Droom word gebore: Hoe ’n eenvoudige vakansie vlug ’n sesjarige seuntjie se bewondering en denke vasvang en ‘n lewensdroom laat ontwaak.
In die vlieg kajuit: ‘n Verassings vlug op die vlieënier se skoot en valskermspringers wat sy lewensdroom nog meer aanvuur.
Die Cessna: Op sy twaalfde (kroon) verjaarsdag kry hy vlieglesse by sy oom, en hy leer hom, hoe om self die Cessna op te styg, te vlieg en te land.
Die lewens Storm: Die rou worsteling van ’n jong man, wat sonder aanmoediging sy enigste lewensdroom moes beskerm teen die twyfel van die mense in wie hy die meeste geglo het.
Die Reddings Vlug: Sy passie vir die Suid-Afrikaanse lugvaart geskiedenis wat as ’n anker gedien het in sy tye van twyfel en kleingelowigheid.
Die Triomf: ’n Reis van ses dekades wat bewys dat die krag van ’n droom sterker is as enige hindernis of teenkanting
Eensame Hemelruim is meer as net ’n vertelling oor vliegtuie; dit is ’n ode aan die menslike gees, ’n brief aan die kind wat nooit opgegee nie, en die bewys dat jou grootste drome, jou in staat stel om enigiets te vermag—selfs al moet jy die pad soontoe, alleen vlieg.